Stephan Joubert
Stephan Joubert se grootste vreugde is om die Here lief te he en om mense op vars nuwe maniere te dien. Sy werksdag begin by ekerk, 'n virtuele en praktiese geloofsgemeenskap wat mense deur 'n digitale bediening en noodprojekte inspireer. Hy is verbind as deeltydse leraar aan Pierre van Ryneveld Gemeente en is met opleiding en prediking betrokke by Mosaiek; Kerksondermure en Alberton Lewenssentrum. Stephan is ook 'n Buitengewone Professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy...See more
Stephan Joubert se grootste vreugde is om die Here lief te he en om mense op vars nuwe maniere te dien. Sy werksdag begin by ekerk, 'n virtuele en praktiese geloofsgemeenskap wat mense deur 'n digitale bediening en noodprojekte inspireer. Hy is verbind as deeltydse leraar aan Pierre van Ryneveld Gemeente en is met opleiding en prediking betrokke by Mosaiek; Kerksondermure en Alberton Lewenssentrum. Stephan is ook 'n Buitengewone Professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy behartig 'n rubriek genaamd "Goeie Nuus" in Beeld, en rubrieke in LIG en ander tydskrifte. Die Boodskap, 'n eietydse vertaling van die Bybel saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in sy lewe. In 2010 is die Andrew Murray prys toegeken aan hom vir Jesus: 'n Radikale Sprong. Meer as 60 Afrikaanse boeke; drie Engelse boeke, twee akademiese boeke in Duitsland en kort anderkant 50 artikels in akademiese tydskrifte het ook reeds die lig gesien. See less
Stephan Joubert's Featured Books